Herout
1 NOVEMBER 2026
WELKOM BY VANDAG SE EREDIENS!
Ds. Neville Boy
Skriflesing: Lukas 9: 46 – 48 (83-Vertaling)
Teks: Lukas 9: 48
Tema: Die grootste wees of om groot te wees: Wat verwag God?
• Inleiding
• Om die grootste te wil wees
• Om groot te wees
• Ontvang Hom wat die grootste is
• Slot
Sing:
Psalm 92: 1, 2 Psalm 40: 4, 6 Skb 11-3: 3, 6, 7 (16) Psalm 86: 7, 8 Psalm 62: 5, 7
RONDOM DIE EREDIENS
KOLLEKTE:
Swartsakkies
Liefdesdiens en Meelewing
Groensakkies
Die Thusofonds
Diensbeurt:
Wyk Tambotie-Oos
Diensbeurt volgende Sondag:
Wyk Tambotie-Wes
GEMEENTE AKTIWITEITE
VANAF KERKRAADSTAFEL:
Predikantshuisbesoek hierdie kwartaal:
Enkele uitstaande punte.
Ons vra die gemeente se geduld na die diens. Br. Carel Olivier gaan ons kortliks inlig oor die werksaamhede van die Gideons. Neem gerus na die Amen u sitplekke in sodat ons kan luister.
Saterdag 7 November het ons ons tweede Markdag te Leeupoort. Ons beman 4 stalletjies. As daar lidmate is wat graag wil saamry om te kom help kan daar met Ds. Neville of Oud. Johan Steyn geskakel word sodat vervoer reëlings getref kan word.
KATKISASIE:
Daar is katkisasie opening na die diens. Dit is vandag die laaste katkisasie les vir die jaar.
Senior Katkisasie:
Afgehandel.
BYBELSTUDIE:
Bosveldoord Bybelstudie Dinsdag om 10:00.
Geen Leeupoort Bybelstudie as gevolg van die verkiesing.
VERGADERINGS:
Daar is ’n vergadering van die Ouderlinge na afloop van die Katkisasie opening. Ons vra voorbidding daarvoor.
Daar is diakonie vergadering volgende Sondag na die diens.
MEELEWING
Leer ons om ons dae so te tel dat ons ’n wyse hart mag bekom! Psalm 90 :1
Ons vra voorbidding vir ons lidmate wat dit moeilik vind om kerk toe te kom of glad nie kan kom nie.
Tannie Florence van Dyk worstel met haar gesondheidstoestand. Sterkte word haar toegebid met hierdie beproewing.
Br. Cules van der Walt (sr) was die afgelope week in die hospitaal met infeksie. Ons bid hom ’n spoedige beterskap toe.
Hartlik geluk aan ons lidmate wat hierdie week verjaar.
Vandag 1 November:
Sr. Sanet Scheepers
Vrydag 6 November:
Br. Johan Steyn
Br. Jood Swanepoel
Sr. Florence van Dyk 90 jaar
'n Geseënde nuwe lewensjaar word u toegebid.